#SimbraSemenSummerSale
________________________________________________

7 November 2018
19:00 by Bosrand Lodge in Winburg.

Skakel die volgende persone:
Kinnear:  076 191 431
Marius Nel:  083 983 7280

 

LZ1234
Kliek hier vir meer inligting / Click here for more information

As jy sy kalwers sien sal jy die medium raam bul met besonderse lengte se semen opraap en saam met die diepte van die bul beloof enige kalweroes vol vleis te wees. Dis 'n tipiese Simbra bul wat almal soek, manlike kop en rooi met bles. Sy uitstekende loopvermoe maak hom aanpasbaar op enige terrein.  Senior Kampioen by Royal Skou 2018.
 
   

________________________________________________

Bleka Rooies
Kliek hier vir meer inligting / Click here for more information

Bleka Rooies is n Boswald Ruby seun wat by uitstek n bul was wat bulle geteel het.  Rooies het reeds op die ouderdom van 1 jaar Simmentaler verse oopgemaak.  Hy het baie goeie konstitusie en uitstekende haarkwaliteit, altyd rooi en glad.  Hy het n baie sterk kop vir n poenskop bul.  Baie goeie loopvermoe en n baie groot skrotumomvang wat sal verseker dat sy nageslag baie vrugbaar sal wees.   Hy beskik oor uitstekende groei teelwaardes sonder om te groot te word, sal melk verbeter en met  n skrotum omtrek teelwaarde van 2.9 sal hy n positiewe impak maak op enige kudde se vrugbaarheid of reproduksie potensiaal. n Uitstekende kombinasie van genetika, fenotipe en teelwaardes!

Kliek hier vir 'n video
 

________________________________________________

Excelsus Prairie 2nd - HDL12148C
Kliek hier vir meer inligting / Click here for more information

HDL12148 Excelsus Prairie 2nd. Prairie was carefully bred using known genetic clicks combining the Pine Ridge Ranch PRR Prevail bloodline with a top South African bloodline. Prairie's dam HDL06142C Excelsus Icy had already produced a stunning stud bull called HDL103C Excelsus Prairie 1st with PRR Prevail as his sire. HDL12148 Prairie 2nd is also from Excelsus Icy but is sired by Excelsus Prodigy who is a PRR Prevail son. Prodigy was used in the Wisp Will Simbra Stud of Llewellyn Angus for a season, breeding at least three stunning bulls including National champs Wisp Will Lino and Majola. He also bred at least three stunning Wisp Will heifers, one of which won the coveted Royal Show gold cup and all three selling for top prices. Prodigy was Ian Currin Jnr's show bull at the youth shows and the Parys Nationals where he stood a credible fourth place in a very strong class behind Exelsus Pacific and Exelsus Penzance. Prairie 2nd now stands at the Jamica Simbra stud of James and Janko Prinsloo. Prairie must go down as one of the best bulls bred at Exelsus and was in his time the end product of fifteen years of careful breeding.
 
 

________________________________________________

Biandi Bakkies - JMVD13141c
Kliek hier vir meer inligting / Click here for more information

Bul met besonderse lengte en diepte. Besonderse groei vir swaar speenkalwers en +4 op melksyfer. n Goeie Kombinasie vir uitstekende kalwers en n blink Simbra toekoms.
 
     

________________________________________________

Happy Venture Priceplus - CPL12201B
Kliek hier vir meer inligting / Click here for more information

Priceplus teel besonderse mooi Simbra tipe met uitstaande vroulike diere. Hy teel ook 'n ho persentasie poenskop kalwers. Sy kalwers is besonders breed met baie goeie breedte, uitstaande toplyne en baie goed gevul agter die skouers. Dit is ook bevestig met skanderings wat op sy nageslag gedoen is (let op na sy Oogspier oppervlak syfer).
 
       

________________________________________________

Groenkol Jackson - GK0919B
Kliek hier vir meer inligting / Click here for more information

Medium raam bul met uitsonderlike lengte en breedte. Geweldige vleiseienskappe met besonder goed gevulde binne en buite dye. 200 dae blup syfer in die boonste kerf van die Simbra ras. Uitstekende temperament uit n baie beproefde vaderlyn
 
 

________________________________________________

Midkop Botter 3 - JJL1318C
Kliek hier vir meer inligting / Click here for more information

2017 Nasionale Simbra Groot Kampioen.  Ideaal om op verse te gebruik en sal aan nie net jou speenkalwers maar ook jou vervangingsverse nuwe betekenis gee met 'n uitstekende  melksyfer.
 
     

________________________________________________

Rotswand Rambo - LZ15214
Kliek hier vir meer inligting / Click here for more information

2018 Simbra Nasionale Veiling Groot kampioen.  Die laaste Rotswand Zorro seun.  Voorwaar ń potensiele stoetbul met goeie bespierinf en die regte syfers.  Sy lae geboortegewig maak hom ideaal om verse te open en met 'n melksyfer van +4 behoort jou  baie goeie  vooruitsigte te h vie jou kudde.
 
       

 

 

 
     
____________________________________________ ____________________________________________ ____________________________________________
     
@simbrasa
     
 

2003 - 2018 The Simbra Cattle Breeders' Society of Southern Africa
Terms & Conditions
Website by 123 Internet