STAR COWS
________________________________________________

“ ‘n Goeie bul het ‘n goeie ma.”

Die beste Simbra koeie word d.m.v. die SIMSTER stelsel geďdentifiseer en deur middel van hul *, ** of *** sterre in veilingskatalogusse en op die registrasiesertifikaat aan die bedryf as meerderwaardige koeie uitgewys. Toekenning en bevordering (van bv. * na ***) geskied op grond van reproduksie, groei (200-dae teelwaardes) en melk (teelwaarde) vereistes wat jaarliks aan hand van die jongste teelwaardes aangepas word.  Die Genootskap was die eerste instelling in Suidelike Afrika wat elite koeie op grond van teelwaardes (i.p.v. indekse) geďdentifiseer het.

Die huidige vereistes van *(4 kalwings), **(5 kalwings) en ***ster koeie (meer as 5 kalwings) is hoog en net 8% van die aktiewe populasie voldoen daaraan.

Bulkopers word sterk aangeraai om seuns van ster koeie te koop.

  Kliek hier vir die 2019 Ster Toekennings
  Ster Koei Berekening

 

 

 
     


info@simbra.org    ●    Tel: +27(0) 51 446 0580 / 2

© 2003 - 2020 Die Simbra Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika
Terme & Voorwaardes
Terme & Voorwaardes
    ●    Privaatheidsbeleid