SIMBRA BRANDMERK
________________________________________________

As gevolg van die groot vraag na Simbra bulle en die aantal "Simbra tipe bulle" wat deur die kommersiële telers verkoop word, is daar besluit om van 'n unieke Simbra brandmerk gebruik te maak.

Slegs bulle wat 'n streng visuele inspeksie geslaag het en geregistreer is, mag hierdie brand dra op die linkerblad.

Dit sal ten doel hê om die koper van Simbra bulle te beskerm en sal hierdie koper die gemoedsrus gee dat dié bulle die nodige stamboom geskiedenis op rekord het en dat die bul visueel geinspekteer is, vir strukturele en funksionele korrektheid volgens Simbra rasstandaarde. Dit beskerm ook Simbra telers teen die wederregtelike bemarking van "Simbra tipe bulle" as Simbra bulle.

Vanaf 2015 sal alle Simbra bulle gebore in 2012 en daarna slegs verhandel mag word as teelbulle wanneer hulle hierdie unieke Simbra brand dra.

Simbra brandysters beskikbaar by die kantoor. R350 + BTW + vervoer kostes. Stuur ‘n e-pos na info@simbra.org

     

 

 

 
     


info@simbra.org    ●    Tel: +27(0) 51 446 0580 / 2

© 2003 - 2020 Die Simbra Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika
Terme & Voorwaardes
Terme & Voorwaardes
    ●    Privaatheidsbeleid