Die Hoërskool Wagpos, Brits, het in Oktober 2016 tien dragtige Simbra-verse ontvang as deel van die Veeplaas-stoetveeprojek. Die kudde staan bekend as die Veeplaas/Wagpos Simbra-stoet. Hou hierdie bladsy dop vir meer inligting oor hierdie projek.

Eerste Kalf Gebore
14 Februarie 2017

Groot opgewondenheid heers by die Veeplaas / Wapos Simbra stoet, hul eerste kalf is gebore op Valentynsdag 2017!

 

________________________________________________

Een Maand Later
17 November 2016

Dit gaan goed met die dragtige Simbra-verse van die Veeplaas/Wagpos Simbra-stoet. Ons kan nie wag om hierdie pragtige diere se kalwers te sien nie. Hou so aan Hoërskool Wagpos!

     

________________________________________________

Wagpos 10 dragtige Simbra-koeie ryker!
21 Oktober 2016

“Die Hoërskool Wagpos het Dinsdag ‘n ruim skenking van tien dragtige Simbra-koeie by die Simbra Beestelersgenootskap, in samewerking met die Veeplaas-tydskrif ontvang. Dit is ook ‘n geskiedkundige gebeurtenis vir die skool aangesien die beeste as die Veeplaas/Wagpos Simbra-stoet geregistreer sal word. Op die foto van links is die skoolhoof, Daan Neethling, Kobus Bester, president van die Simbra Telersgenootskap en WA Lombaard van die Veeplaas-tydskrif.”

Bron

________________________________________________

Geskiedenis is Gemaak
20 Oktober 2016

“Wagpos het op 18 Oktober hul eerste Simbra-koeie van Veeplaas ontvang om hul eie Simbra-stoet te begin. Dankie aan almal se betrokkenheid. Ons sien uit om te sien hoe hierdie koeie ons Landbou vooruit vat!” – Die Hoërskool Wagpos

     

________________________________________________

Veeplaas Wagpos Simbra-stoet word gebore
20 Oktober 2016

“Die Veeplaas-stoetveeprojek het op 18 Oktober nog ’n kudde bygekry toe tien dragtige Simbra-verse by Hoërskool Wagpos in Brits afgelaai is. Die kudde sal bekendstaan as die Veeplaas Wagpos Simbra-stoet en sal vir die verloop van die projek by Hoërskool Wagpos gehuisves word. Zoetis het ingestem om dieregesondheidsprodukte vir die kudde te borg en dié produkte is ook op die dag aan die skool oorhandig.

’n Oorhandiging is ook tydens ALFA 2016 se jongtelerskonferensie deur die Simbra Genootskap aan Hoërskool Wagpos gemaak. Na afloop van die oorhandiging het die skool ook met ’n Simbra-koei aan die jeugskou deelgeneem. Vir meer inligting oor die skool en die Simbra-stoet, besoek gerus www.wagposhs.co.za en www.simbra.org.

WA Lombard, Marné Anderson en Aneldie Botha van Veeplaas het die verrigtinge by Hoërskool Wagpos bygewoon.”

Bron

Flaf Lauwrens, algemene bestuurder van die Simmentaler- en Simbra Genootskap, Daan Neethling, skoolhoof, en Kobus Bester, president van die Simmentaler- en Simbra Genootskap.

Kobus Bester van die Simbra Genootskap, Stephanie Chambers van Hoërskool Wagpos, Moses Mogorosi van die Simbra Genootskap, Surietha Esterhuizen en Jean Kruger van Hoërskool Wagpos, Flaf Lauwrens van die Simbra Genootskap, Daan Neethling en Oubaas Breytenbach van Hoërskool Wagpos.

Daan Neethling, hoof van Hoërskool Wagpos, aan die woord tydens die oorhandiging by die skool.

     
 

________________________________________________

Simbra - die ras vir die toekoms!
18 Oktober 2016

“Baie dankie aan Fanie Maré en Willie Lubbe vir die pragtige dragtige verse waarmee hierdie jong boere mee kan begin. Hoërskool Wagpos het ook hulle eie winkel, die Plaasstal waar hulle eie joghurt en vleis verkoop. Gaan lees meer oor die skool en hulle bedrywighede by www.wagposhs.co.za. Baie geluk aan Mnr Daan Neethling en al die betrokke personeel. Ons sien uit om saam met julle die pad te loop.” – Daleen van Zyl, Dalvan Simbras

________________________________________________

Skole Stoetvee
18 Oktober 2016

#SkoleStoetvee vorder vandag verder met @SimbraZA-diere wat tuisgekom het by Die Hoërskool #Wagpos in Brits.” – Veeplaas Tydskrif, Twitter

     
   

________________________________________________

Dankie!
18 Oktober 2016

“Dankie Veeplaas en Simbra SA” – Anne-Mart Nienaber, Die Hoërskool Wagpos

     
 

________________________________________________

Die Groot Dag het Aangebreek
18 Oktober 2016

“Groot dag in Die Hoërskool Wagpos en Simbra se geskiedenis! Dankie aan Veeplaas wat hierdie projek moontlik gemaak het.” – Daleen van Zyl, Dalvan Simbras

     
   

________________________________________________

Hoërskool Wagpos Simbra-verse
18 Oktober 2016

“Die Hoërskool Wagpos in Brits kry vandag hulle 1ste Simbra-verse! Simbra - die ras vir die toekoms!” – Daleen van Zyl, Dalvan Simbras
 
 

   

    © 2003 - 2017 Die Simbra Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika
    Webblad Terme & Voorwaardes

 
    Tuisblad
    Die Simbra Ras
  Genetiese & Fenotipiese Tendense   Breedplan Stelsel
    Publikasies
  ______________________________________________________________________     Korrekte Aantekening ______________________________________________________________________
    Die Genootskap
  Hoekom Simbra?
    Aankoop van Diere
  Vrae oor Prestasietoetsing   Joernale
______________________________________________________________________   Geskiedenis ______________________________________________________________________   Geboortegewig & Kalwingsgemak   Bulletins
  Doelstellings   Standaard van Voortreflikheid   Seleksie Hulpmiddel     Pamflette
  Missie & Visie   Simbra Stats   Vestiging van Kudde
    Skoue & Beoordelaars
  Artikels
  Ras Erkenning   Simbra Brandmerk   Simbra Sertifikaat ______________________________________________________________________  
  Waardes & Beginsels   Simbradeks   Seleksie van Bul   Beleid & Opleiding
    Skakels
  2016 / 2017 Raad   Poenskop Diere   Kwaliteitskontrole   Beoordelaars & Keurders ______________________________________________________________________
  Kantoor Personeel   Vrugbaarheid     Basiese Beginsels van Beoordeling   Telers
  Tegniese Adviseurs   Gepubliseerde Vaars & Rasleiers
    Prestasietoetsing
  Skou Uitslae   Algemeen
  Klubs   Ster Koeie ______________________________________________________________________   Skou Klasse  
  Registreer as Teler   Persentiel Tabel   Inligting   Skou Katalogusse
    Kalender