BREEDPLAN STELSEL
________________________________________________

Weens die destydse agterstand van die Nasionale Prestasietoetsskema en SA Stamboek se stelsels teenoor ander Simmentaler Węreld Federasie ledelande en ter voorbereiding vir die 1996 Węreldkongres in Suid Afrika, het die Genootskap in 1994 na deeglike bestudering van ‘n paar ander stelsels besluit op BREEDPLAN Internasionaal besluit.

Hierdie positiewe stap is egter deur die handeling van die LNR-Irene en SA Stamboek verongeluk.  Die gevolg was ‘n 1996 Węreldkongres met verouderde SA Stamboek skoukatalogusse en sertifikate sonder Blup teelwaardes.  Gelukkig is die wet intussen gewysig en kan telers self besluit wie hulle prestasie en registrasie moet hanteer.

Na voorlegging deur die LNR en BREEDPLAN het beide die Raad en Jaarvergadering van die Genootskap in April 2001 eenparig op die BREEDPLAN Internasionale stelsel besluit.  Na net agt maande was die ingewikkelde oorskakelingsproses afgehandel, baie prestasietoetsdata probleme is uitgesorteer, en is die eerste BREEDPLAN ras-ontleding vir Suid Afrika, Namibië en Botswana vrygestel.

Nou spog ons telers met die beste vleisbees-evaluasiestelsel in die węreld.  BREEDPLAN hanteer tans ‘n databasis van 30 miljoen vleisbeeste van 37 verskillende rasse in 13 lande.  Volgens ons kennis word ongeveer R8Ľ miljoen word jaarliks in die opgradering van BREEDPLAN se evaluasieprosedures belę.  Dit verseker die stelsel se internasionale leierskap. BREEDPLAN is intens betrokke by groot vleiskwaliteit- en kuddedoeltreffendheidsnavorsingsprojekte wat deur die Australiese regering en ander instansies met nagenoeg R390 mil. oor sewe jaar periodes befonds word.  

Breedplan Teelwaardes

Die eienskappe wat BREEDPLAN hanteer, dek gebiede wat van kardinale belang vir bultelers en kommersiële produsente is, t.w. Gewig, Melk, Reproduksie en Karkas.  Dit maak voorsiening vir ‘n gebalanseerde benadering tot die daarstelling van doeltreffende teelprogramme vir verskillende omgewings en die toespitsing op spesifieke markte. 

 

 

 
     
____________________________________________ ____________________________________________ ____________________________________________
     
@simbrasa
     
 

© 2003 - 2018 Die Simbra Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika
Terme & Voorwaardes
Website by 123 Internet