SELEKSIE HULPMIDDEL
________________________________________________

Laat in die laaste eeu het ons die ordinêre SA Stamboek “ma en pa sertifikaat” met ons eie vyf-generasie prestasie sertifikaat vervang. Hierdie stuk papier is van groot waarde wanneer seleksie besluite geneem word:

1.  Objektiewe prestasie inligting van duisende Simbras tesame met uitgebreide stamboom skakels, gekoppel aan moderne rekenaar tegnologie, stel ons in staat om prestasie in ‘n waardevolle syfer, genoem beraamde teelwaarde, uit te druk. Die teelwaarde is die beste beraming van die genetika wat ‘n dier aan sy nageslag sal oordra. Ons wil tog weet hoe die nageslag presteer en nie hoe verskillend twee bulle lyk nie. Die teelwaardes staan op elke sertifikaat en in veilingskatalogusse. Dring dus aan op die prestasie sertifikaat!

2.  Die sertifikaat van ‘n Simbra word nie net met suiwerheid ge-assosieer nie. Sedert die telersgenootskap gestig is, word ‘n sertifikaat alleenlik aan diere uitgereik wat die visuele evaluering of inspeksie van die raskenner slaag. Diere wat nie aan die vereistes voldoen nie, ontvang nie ‘n sertifikaat nie en hulle sowel as hul nageslag word nooit geregistreer nie. Die Simbra prestasie sertifikaat is die bewys dat die dier en al sy voorgeslag aan dié standaarde voldoen het. Dring dus aan op die prestasie sertifikaat!

3.  Die poena faktor en uiters belangrike elite of sterkoei toekennings word ook op die vyf-generasie prestasie sertifikaat gelys. Dring dus daarop aan!

 

 

 
     
____________________________________________ ____________________________________________ ____________________________________________
     
@simbrasa
     
 

© 2003 - 2018 Die Simbra Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika
Terme & Voorwaardes
Website by 123 Internet